Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Landbou Boerekos

Landbou Boerekos

Lente & Somer 2026
Magazine

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Landbou Boerekos

HEUNING, FOREL, DIE MIDDELLAND…EN MYPA • My pa het my ’n hele paar goed geleer waarvoor ek hom ewig dankbaar sal wees. Baie hoog op daardie lys sou wees hoe om ’n forel met ’n kunsvliegie in ’n helder bergstroom uit te oorlê, skaapwol te klas en heuning uit ’n byekorf te haal sonder om die bye onnodig kwaad te maak.

Só sê ons lesers • ’n Boerekos-uitgawe het lanklaas soveel reaksie ontlok soos ons winteruitgawe oor die Karoo, sy kos en sy mense. Ons wens dat ons al die briewe kon publiseer! Hou asseblief aan om vir ons te skryf, te vertel wat julle geniet, en waarvan julle meer in Boerekos wil sien.

’NBOERSETROTS • Om trots te mag wees op jou werk, op wat jy plant en laat groei, voer en versorg, is elke boer se voorreg. Op ons onlangse kostoer deur die Middelland van KwaZulu-Natal is ek weer hieraan herinner.

Reis saam van die Middelland tot Mauritius

Draai hier in! • Die Natalse Middelland is enige kosliefhebber se droom. Hier ontdek jy klein eetplekkies wat mildelik gebruik maak van bestanddele wat plaaslik geproduseer is deur passievolle boere, asook plattelandsedeli’sen padstalle wat hul reputasie vir gehalteprodukte oor dekadesopgebouhet.

VIS, VLEIS & GEVEERDES • Ons kostoer deur die Middelland van KwaZulu-Natal het ’n oorvloed fantastiese produkte opgelewer: van forel uit die ysige water aan die voet van die Drakensberge, Pekin-eende wat vry rondwaggel op groen heuwels buite Curry’s Post, ’n boer met ’n passie vir Italiaanse koue vleis en gesonde, gelukkige varke, tot die beste beesvleis op ’n spogplaas by Nottingham Road. Vir seekos is ons kus toe — eers op eie bodem, en toe vir ’n vinnige kuier in Mauritius om te leer hoe dit daar gedoen word.

Teen die stroom in met forel • Teen die voetheuwels van die Drakensberge, waar die dramatiese pieke van Giant’s Castle oor die helder strome van die Boesmansrivier uittroon, maak die Van der Merwe-familie van Bushmans River Trout ’n bestaan uit forelboerdery. Wat in die 1970’s by ’n jong student en ’n paar visse in ’n bergstroom begin het, is vandag ’n omvangryke onderneming met reënboog-en bruinforel wat wêreldwyd in aanvraag is.

Soos ’n eend in die water • Op die plaas Blue Orange in Curry’s Post het Vanessa Collocott nie ’n boerdery nie, maar ’n manier van leef geskep. Hier maak sy haar eende en hoenders volgens organiese beginsels in ’n spanningsvrye omgewing groot – wat duidelik is in die gehalte van die vleis wat sy aan bekende restaurante voorsien.

Van teater tot beeskraal • Dr. Rob Kleinloog, bekende kardiotorakale en oorplantingchirurg, wat Netherwood aanvanklik as ’n wegbreek uit die stad aangeskaf het, het dit sedertdien uitgebou tot ’n spogplaas en indrukwekkende beesboerdery in die Middelland se gewilde Nottingham Road.

Varkvleis vir elke dag • Met veelsydige varkvleis is daar so baie opsies vir etenstyd dat jy daagliks iets nuuts daarmee kan opdis.

Seekos van hier en oor die water • Op ’n onlangse besoek aan Mauritius het ’n plaaslike sjef vir ons seekosgeregte berei wat hulle graag op die eiland voorsit – van gerookte marlyn tot seekat en reusegarnale in geurige sous. Heerlik, en maklik om te maak. Ek gee ook ’n paar eenvoudige resepte vir my gunsteling-vakansiekos met geelstert, stokvis, garnale en mossels.

Die perfekte paartjie • Somer, seekos en Diemersdal Sauvignon Blanc … Skink ’n yskoue glas saam met vars vis oor die kole, mossels of geurige risotto – jy gaan ver soek voor jy beter pasmaats kry!

SUIWEL uit die groen heuwels van...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans