Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Weg!

Weg!

Weg! Kuierkos 2026-2027
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Próé die vakansie...

Weg!

Respek (en eiers) vir die noenontbyt • Oor ’n naweek hoef ontbyt nie eerste ding te gebeur nie. En hierdie maklike resepte laat selfs die kok toe om nog ’n rukkie langer te lê.

kwadraat Koolhidraat • Hierdie gesinsvriendelike planne met pasta, krummels en brood wissel van vinnig tot fancy, en is almal die carbs werd!

Krummels • ’n Goudbruin schnitzel is vele se gunsteling- vinnige aandete. Hier is vyf nuwe idees om by jou reseprepertoire te voeg (én jy kan kroek met ’n klaargekoopte vleisie as jy nie self wil maak nie; schnitzel vries uitstekend).

Een pot, hope lekkerte • ’n Heerlike eenpotgereg met min skottelgoed is altyd ’n wenkombinasie! Hierdie planne werk in ’n potjie oor die kole of op die stoof.

Waar daar ’n rokie trek... gaan ons braai! • Hierdie vakansievriendelike resepte is maklik genoeg om in ’n wegbreekhuisie met beperkte kombuisgeriewe óf in die kampterrein voor te berei. Steek ’n vuurtjie aan en geniet die samesyn: Ons gaan nou braai (met ’n slaai vir die gewete)!

Hoe lyk dit met ietsie soets? • Is daar ’n suikertand in jou gesin? Dié resepte sorg vir liplekker peuselhappies!

Vier kokke wat kóók • Die skrywers van vier nuwe kookboeke deel resepte wat deur hulle reise gebore is en dit bied hope inspirasie vir naweekwegbreke.

Indeks

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans